WELSYN

Deur moeite, vriendelikheid, omgee, gasvryheid en liefde.

Die Welsyn bediening is waar ons betrokke raak by gesinne in nood van ons gemeente.

Ons help d.m.v. kospakkies en in uitsonderlike gevalle met koopbewyse.
Ons help ook met begrafnisse van gemeentelede en staan ook mense by wat nie gemeentelede is nie. Hier help ons met bedien van verversings na die begrafnisdiens.
U kan betrokke raak deur die “Emmerprojek” te ondersteun of indien u sou verkies, finansieël by te dra. In die voorportaal van die kerk is daar Emmers met ’n volledige lys van ons inhoud van die kospakkies wat u kan gaan vul persoonlik of in groepe. Indien u verkies om finansieel te help, kan u ’n aftrekorder voltooi of ’n inbetaling maak in die kerk se bankrekening en spesifiek meld dat dit vir Welsyn is. Elke bydrae, hoe gering ook al word waardeer. Ons sorg elke Desember dat ons behoeftige gesinne van die gemeente met kos en bietjie bederfware voorsien is.
Verder vat ons hande met die Senior Bediening. Hier help ons met funksies, huisbesoeke en waar hul ons ook al kan gebruik. Sondae sorg ons ook dat die Seniors met koffie bedien word.
Kliek gerus op die Link en laat ons weet as u by hierdie bediening betrokke wil raak. Hoe meer hande hoe makliker die taak!
Welsyn groete.

Veronica le Roux

Bedienings Leier

Ek wil graag betrokke:

13 + 4 =