Ons Voltydse Span

Ons beïnvloed mense in liefde om Jesus te VOLGG.

Pastoor Pieter en Juanita de Bruyn

Presiderende Pastoorspaar

Pastoor Pieter is sedert 1991 in die voltydse bediening. Juanita is sedert 1992 saam met hom en dit is ook in hierdie jaar wat hulle getroud is.

Pieter is die visie-draer en leier van die gemeente.  Hulle  het passie om saam met ander te ontdek hoe daar op verskillende maniere uiting gegee kan word aan die opdrag van dissipelskap.

Hulle vind vervulling daarin as mense die goeie nuus ontdek dat hulle ’n aandeel kan hê  in Jesus se helende koninkryk. Pieter leef homself graag uit in prediking en lering en hulle het albei groot passie vir die versorging van mense.

‘n Gesonde gemeente is belangrik want daarsonder is groei nie volhoubaar nie. Hulle vat ook graag hande met die groter kerk van Jesus want dit is hoe God sy wysheid aan elke mag en gesag in die hemelruim bekend maak (Ef.3:10).

Pastoor Ian-Joshua en Alitze Pieterse

Mede-leraarspaar

Website Bio
Pastoor Joshua en sy vrou, Alitze, dien saam met ‘n passie om mense te help om Jesus te leer ken en Hom elke dag getrou te volg. Hulle glo dat die Evangelie nie net bedoel is om gehoor te word nie, maar geleef moet word – in geloof, liefde en praktiese dissipelskap.

Joshua is sedert 2015 voltyds in die bediening en hy en Alitze is sedert 2026 getroud. Saam beleef hulle die voorreg om God se kerk te dien en deel te wees van wat Jesus in mense se lewens doen. Hulle hart is om ‘n gemeente te sien waar mense nie net bywoon nie, maar groei as dissipels van Jesus, mekaar opreg liefhet en hulle plek in God se Koninkryk ontdek.

Hulle glo dat die plaaslike kerk God se plan is om hoop na gemeenskappe te bring en dat elke mens geroep is om ‘n betekenisvolle rol in Sy Koninkryk te vervul. Daarom is hulle passie om God se Woord op ‘n Bybelse, verstaanbare en praktiese manier te leef en te verkondig, sodat mense toegerus word om Christus met vrymoedigheid en oorgawe te volg.

Dit bly vir hulle ‘n groot voorreg om saam met die gemeente God te verheerlik, mense in liefde te dien en deel te wees van Sy werk in die wêreld.

Hulle begeerte is nie om ‘n groot kerk te sien nie, maar om mense te help om Jesus te ken, Hom lief te hê en Hom getrou te volg.

ONS VOLTYDSE SPAN
Kontak ons gerus met enige navrae. Ons is hier om jou te help.
Pieter de Bruyn

Presiderende Pastoor

Ian-Joshua Pieterse

Mede-leraar

Juanita de Bruyn

Finasies en Verhurings

Lorraine van der Merwe

Ontvangs

Natalie Deyzel

Admin & Lofkids

Aldo Maritz

Intern

Alastair Losper

Intern

Rudi vd Berg

Intern

Blackie vd Reede

Koster

Johanna Basson

Skoonmaakster

Bucks

Tuinier