TUINE

Bewerk die tuin waarin jy jou bevind

Deur middel van hierdie bediening wil ons verseker dat ons tuine by die kerk versorg en na omgesien word.

Hou net dop hoe die Bediening ook vars en nuut gehou word. Ons groepie is nog klein en nuut en is oop vir ander kundiges (belangstellendes) se raad en hulp. Ons idee is om meer droogte-bestandeplante aan te plant.
Indien daar iemand is met kokerbome wat hulle vir ons beskikbaar kan stel, sal ons dit baie waardeer.
Ons beplan om vroeg lente te begin plant, nadat die beddings lekker voor berei is.

Ons wil graag hê dat ons kerk mooi en netjies sal vertoon van buite, want dit sê iets van die mense wat daar aanbid. Help ons om hierdie tuin iets te maak waarop al die “Lofoord”-ers trots kan wees!

Groen Groete

Corné Kotzé

Bedienings Leier

Ek wil graag betrokke:

2 + 5 =