MUSIEK, KLANK & MULTIMEDIA
Vul jou kruik met Lewende WaterOns bediening gee jou die geleentheid om jou passie uit te leef deur middel van sang en musiek om die Naam van die Here te vereer.
Ons hartklop is om deur lofprysing en aanbidding ons gemeente te laat sit by die voete van Jesus. Ons skep ’n plek waar jy kan kom stil raak voor die Here en ontvang uit Sy hand.
Ons het elke kwartaal ‘n werkswinkel waar ons as span toegerus word met kwaliteite om ons talent meer effektief te gebruik. Verder hou ons ook ’n lekker byeenkoms waar ons saam kuier rondom die braaivleisvuur. Dan noem ons dit HHH (Hands, Heads and Hearts).
Kom raak betrokke en gebruik jou talent tot eer van ons Koning Jesus. Ons benodig ook persone om met die klank asook die rekenaar te help en nie net mense wat talent het in sang nie.