KAM

Kingdom Advancement Ministries
KAM is ’n uitreik, opleidings bediening wat die Goeie Boodskap van Christus aan ander bring. Om betrokke te raak by KAM is n begin plek vir hulle wat ernstig is oor God se persoonlike oproep van dissipelskap soos gevind word in Markus16:15-18, 20.
KAM is waar jy opleiding kan kry om produktief in Sy Koninkryk te wees.

KAM is ’n Evangelisasie en Dissipelskap opleiding om mense voor te berei om deel te word van die weermag van die Here, goed toegerus en in staat om die Goeie Boodskap uit te dra en om dissipels te maak. Jy sal leer om effektief te getuig en ander te bedien in die Naam van Jesus. As gelowiges in Christus, moet ons uitreik en ander mense raak met Jesus se Liefde. \

Ons kom elke Maandagaand om 7nm bymekaar in die kerksaal saam met die Intersessors, waar ons eers saam bid en dan opdeel in groepe om nuwe besoekers in die kerk asook mense met nood en siekte te gaan besoek. Dit is vir ons baie belangrik dat mense versorg is en weet dat daar na hul behoeftes omgesien word.

Kom word gerus deel van ons KAM Span deur die kerkkantoor te skakel of vir Bertus van der Merwe by 082 579 0998

Bertus Vd Merwe

Bedienings Leier

Ek wil graag betrokke:

7 + 3 =

Eredienste

Oggenddienste:
08:00 – 09:30 en 10:00 – 11:30
Aanddienste: 18:30 – 20:00

Kontak Ons

Mon – Fri, 8:00 - 13:00
Kantoor : +27(0) 54 331 1170
E-pos: agsupington@gmail.com