AGS Lofoord Upington
  • Home
  • 40 Dae Signup
  • Preke
  • Dankoffer
  • Misso-Offer
  • Kalender
  • Kontak Ons
  • DIE SPAN
  • Info
Select Page

YOLO

Ps. Joshua Pieterse

Mp3 Audio

https://agslofoordupington.co.za/wp-content/uploads/2025/10/28.09.2025_Ps-IJ-Pieterse_YOLO.mp3

 

 

 

Eredienste:
Oggenddienste: 08:00
Vakansiedienste:
25 Desember 08:00
31 Desember 19:00
Geen aanddiens

Address: C/O Conradie & Lange street
Po Box 195, Upington, 8800

Office: +27(0) 54 331 1170
E-mail address: admin@agsupington.co.za

Office Hours:
Mon – Thurs:
8:00 till 13:00

Friday:

8:00 till 12:30

ags_lofoord_upington

https://linktr.ee/ags_lofoord_upington

Alastair! Baie geluk met jou verjaardag. Dit is vi Alastair! Baie geluk met jou verjaardag. Dit is vir ons ń groot eer om te sien hoe jy groei, die Here jou gebruik en die verskil wat jy in ons gemeente maak. Ons is trots op jou! Lekker verjaar
Die vroue in die kantoor … meer as sekretaresses. Die vroue in die kantoor … meer as sekretaresses. Julle help die hartklop van hierdie gemeente dra. Ons waardeer julle opreg. Dankie vir al die harde werk agter die skerms, wat ons so maklik miskyk. 

Gelukkige sekretaresse dag!
🌊 ’N OPENBARE JA | DIE GROOT OPDRAG Daar is iets 🌊 ’N OPENBARE JA | DIE GROOT OPDRAG

Daar is iets besonders aan ’n doop.

Dit is ’n openbare getuienis van ’n lewe wat vir Jesus gekies het — ’n verklaring: "Ek behoort aan Hom.”

Maar die doop is ook deel van ’n groter verhaal.

In die Groot Opdrag sê Jesus: “Gaan dan na al die nasies toe, maak die mense my dissipels en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.” — Matteus 28:19

Hierdie naweek het ons die voorreg gehad om te sien hoe mense hierdie stap van gehoorsaamheid neem. Mense wat sê: Jesus het my vrygemaak, en ek kies om Hom te volg.

En dit is waar "Vryheid om te volg" en "Gaan vertel" bymekaar kom.

Ons word nie net geroep om self vir Jesus te volg nie. Ons word geroep om ander te help om Hom ook te volg.

Ons gaan. Ons vertel. Ons maak dissipels. Ons doop. En ons leer mense om Jesus te volg.

Wat ’n voorreg om deel te wees van wat God besig is om te doen. 🤍

#VryheidOmTeVolg #GaanVertel #GrootOpdrag #Doop #Dissipelskap #MissioNaweek
🌍 GAAN VERTEL | MISSIO-NAWEEK Ons het hierdie naw 🌍 GAAN VERTEL | MISSIO-NAWEEK

Ons het hierdie naweek ons reeks “Vryheid om te volg” afgesluit met "Gaan vertel" — en terselfdertyd ons jaarlikse Missio-naweek gevier.

Ons is herinner dat die vryheid wat ons in Christus ontvang, ons nie net vir onsself is nie. Jesus stuur ons om die Goeie Nuus te gaan vertel en deel te wees van Sy groot opdrag. 🌎

Hierdie naweek was ’n besonderse geleentheid om saam met sendelinge wat ons gemeente ondersteun, asook jongmense wat onlangs op uitreike was, te luister na stories van gehoorsaamheid, geloof en God se werk oor grense heen.

Ons het ook een van ons interns afgesonder en uitgestuur na die sendingveld, waar hy hom by ’n bediening aansluit om die Goeie Nuus aan die Dowe gemeenskap te bring. Wat ’n voorreg om te kan sien hoe God mense roep, toerus en stuur. 🙏🏼

Ons volg Hom. Ons gaan waar Hy stuur. Ons vertel wat Hy gedoen het.

“Gaan dan na al die nasies toe…” — Matteus 28:19

#GaanVertel #VryheidOmTeVolg #MissioNaweek #GrootOpdrag #Sending #MaakDissipels #GaanEnVertel #JesusStuurOns
Manne! Hierdie gaan lewensveranderend wees. Regist Manne! Hierdie gaan lewensveranderend wees. Registreer asb by die i-desk of die kerkkantoor. Ons sien baie uit na hierdie geleentheid en jy wil dit nie mis nie!
Ons seniors het die 20-22ste Augustus 'n heerlike Ons seniors het die 20-22ste Augustus 'n heerlike wegbreek gehad na !Xaus Lodge in die Kgalagadi.  Daar was dié wat saam in die kerk se kombi gery het en dan dié wat met hul voertuie gevolg het. Ons het heerlik gelag, gesels en selfs saam gebid op 'n duin.  Party het die oggend vroeg trotseer en saam met Koos (hul gids) ook geleer watter spore hoort by klein diertjies, waarna ons almal nou nie eintlik kyk nie.

Ons wil vir !Xaus Lodge en hul personeel baie dankie sê vir die heerlike bederf.

Tot ons volgende wegbreek
Ons seniors het die 20-22ste Augustus 'n heerlike Ons seniors het die 20-22ste Augustus 'n heerlike wegbreek gehad na !Xaus Lodge in die Kgalagadi.  Daar was dié wat saam in die kerk se kombi gery het en dan dié wat met hul voertuie gevolg het. Ons het heerlik gelag, gesels en selfs saam gebid op 'n duin.  Party het die oggend vroeg trotseer en saam met Koos (hul gids) ook geleer watter spore hoort by klein diertjies, waarna ons almal nou nie eintlik kyk nie.

Ons wil vir !Xaus Lodge en hul personeel baie dankie sê vir die heerlike bederf.

Tot ons volgende wegbreek
Dames! Ons is vreeslik opgewonde vir hierdie gelee Dames! Ons is vreeslik opgewonde vir hierdie geleentheid. Dit gaan ń onvergeetlike dag wees. Registreer by die i-desk Sondag of by Juanita of Zelda.
Aldo! Baie geluk met jou verjaardag. Dit is vir o Aldo! 
Baie geluk met jou verjaardag. Dit is vir ons die grootste voorreg om te sien hoe die Here in en deur jou BEÏNVLOED sodat ander Hom ook VOLGG! Jy is ń staatmaker, yster en kampioen van ń man! Ons is trots op jou en so opgewonde vir hierdie nuwe lewensjaar wat vir jou voorlê. Lekker verjaar! 

Aldo-it Maritz-gonna-cost-ya
Follow on Instagram
Copyright © 2016 AGS Lofoord Upington. Designed and Hosted by: Upington-Online