Kerndoel

Ons beïnvloed mense in liefde om Jesus te volgg.

AGS Lofoord is dankbaar om te kan sê dat …

ons die hand van die Here sedert die ontstaan van die gemeente tot vandag toe, duidelik raaksien. Ons dank Hom vir die bydrae wat die gemeente kon maak in God se koninkryk in die verlede en vir die wonderlike seisoen waarin ons onsself tans bevind.

Die opdrag van dissipelskap is vir ons baie belangrik.
Ons kerndoel is: “Ons beïnvloed mense in liefde om Jesus te volgg”. Ons praat baie oor Jesus want ons glo dat mense wat met Jesus te doen kry se lewens verbeter, en oor tyd raak hulle ook beter met die lewe.
Ons spel VOLGG met 2 g’s, want elke letter van volgg verteenwoordig iets van die “HOE” ons daarby gaan uitkom.

VOLGG

VERHEERLIK GOD, ONTDEK JOU AANDEEL, LEEF IN LIEFDE, GROEI SAAM, GAAN VERTEL

ONS Beïnvloed mense in liefde om Jesus te volgg

V

O

L

G

G

Verheerlik God

Ontdek jou aandeel

Leef in liefde

Groei saam

Gaan vertel

Ons wil mense help om te groei in hulle verhouding met God op verskillende maniere. Aanbidding en die werking van die Heilige Gees speel ‘n groot rol in hoe ons mense help in hulle belewenis met God. Daar is egter ook groot ruimte vir ander maniere van God beleef en mense se uniekheid in hulle verhouding met God.

Ons glo dat almal op een of ander vlak geroep word tot leierskap en ‘n unieke aandeel in God se Koninkryk. Mense word gehelp om hulle unieke gawes en talente te ontdek, sodat hulle kan ontdek wat hulle aandeel is in die Koninkryk van God. Persoonlikheid help mense om agter te kom hoe hulle dit gaan doen en Passie bepaal waar hulle ‘n verskil kan maak.

Jesus het self gesê dat liefde die kenmerk van dissipelskap is (Joh.13:35). Ons beywer ons om te groei in Liefde.

Ons wil soveel as moontlik geleenthede skep waar mense kan groei en toegerus word in hulle pad van VOLGG. In die gemeente is dit vir ons belangrik dat daar platvorms sal wees soos bv. groeigroepe, waar ons saam groei.

Ons glo dat deel van die pad van VOLGG is om ander mense te beïnvloed om Jesus ook te begin volg. Almal is nie geroep om evangeliste te wees nie, maar almal kan op hulle unieke manier betrokke wees by Jesus se opdrag om dissipels te maak. Dit is vir ons belangrik om mense in die gemeente en ook ander vennote (bv. voltydse sendelinge) in staat te stel om hierdie roeping uit te leef.

Alles wat ons aanpak, doen of sê, word beïnvloed en vloei
uit die volgende 8 waardes:

Unieke betrokkenheid, Dissipelskap, Koninkryk, Geestelike groei, Betekenisvolle verhoudings, Toerus, Doen jou beste, Integriteit.
Enige genooides, belangstellendes en soekendes is ten alle tye welkom, voor jy begin volg, tot jy volg, terwyl jy volg en ook ander beïnvloed om Jesus te volg.