AANLYNDIENSTE
Kontak Ons
Mon – Fri, 8:30 – 13:30
Kantoor : +27(0) 54 331 1170
E-pos: agsupington@gmail.com
Uit die Pastoor se hand
Ons is opgewonde oor elke nuwe persoon wat in hul hart glo, dat hul by hierdie gemeente ’n geestelike huis gevind het. Ons vertrou dat hierdie inligting sal bydra om u gou tuis te laat voel. In ons gemeente glo ons dat ons ’n roeping en aandeel het in Jesus se opdrag van dissipelskap. Die goeie nuus is dat Jesus elke mens nooi om deur dissipelskap deel van God se helende koninkryk te wees. Daarom is ons fokus in die gemeente op so manier dat ons mense in liefde begelei om Jesus te volg.
Ons glo daarom ook dat ons mense moet help om te ontdek wat hulle gawes is, wat hulle uniek maak en waarvoor hulle ’n passie het, sodat hulle kan sien waar hulle in God se plan inpas en so deel kan word in die gemeente. Dissipelskap is ’n daaglikse leefwyse waarin ons ook
mede- verantwoordelikheid vat vir mekaar se groei en versorging. Ware kerk gebeur in sirkels en nie in rye nie, daarom doen ons ook alles in ons vermoë om geleenthede daar te stel en te promoveer waar mense in groepe saam kan groei.
Mag jy saam met ons jou passie ontdek en voluit jou roeping as dissipel van Jesus uitleef.
Ps Pieter de Bruyn
Raak betrokke
Jy kan ‘n verskil maak – hier is ‘n plek vir jou!
Wie is Ons
Ontmoet die gemeenteleiers en bedieningsleiers.
Administrasie
Doop, toewyding, kinder of volwasse registrasie.
Bedieninge
DEKOR
TUIN
MISSIO
MUSIEK
Vir enige navrae
gesels gerus met ons tydens dienste by die inligtingstoonbank of stuur vir ons ‘n e-pos